Die meeste tye in die lewe is net spesiaal as ons hulle so maak. Die gemiddelde dag is net gemiddeld omdat ons nie iets besonders daarvan maak nie. Die beste manier om ‘n ervaring besonders te maak, is om ons bes daarmee te doen. Dit maak dit spesiaal. ‘n Gewone gesprek word iets beters as jy met groot aandag luister. ‘n Gewone verhouding verander heeltemal as jy buitengewone moeite daarmee doen. ‘n Alledaagse gebeurtenis word spesiaal as jy dit kreatief benader. Jy kan enigiets meer belangrik maak deur jou bes daarmee te doen.