Wanneer ‘n mens dalk iewers by ‘n restaurant sit of langs die sportvelde, is daar horde mense om jou, voor jou. Almal lyk anders. Die tale is partykeer vreemd, maar op hulle gesigte kan jy sien of is hulle gelukkig of hartseer of ongeduldig. Hulle liggaamstale spreek boekdele.
Dit is vir my altyd lekker om so na mense te sit en kyk. Almal het ‘n lewe van hulle eie. Elkeen is op haar/sy eie “mission”.
Party sit alleen. Party is in ‘n “crowd”. Partykeer wil ek ook eerder net so alleen wees tussen baie mense, ander kere soek ek geselskap. Natuurlik hang dit af hoe jy binne jou voel.
Weet jy waarvan ek praat? Terwyl jy daar sit, speel so baie goed af in jou kop. Is jou eie lewe deurmekaar of voel jy nie welkom nie, wat is die rede vir daardie alleen gevoel tussen mense?
Dit is dan wanneer ‘n mens ‘n sagte hand, ‘n sagte woord dalk kort. Om te voel jy is tog iets werd. Dat jou plekkie helder in die sonlig is.
So het Hy vir elkeen ‘n maat gemaak. Daardie een mens wat een is met jou al staan jy tussen honderde mense. Om sonder woorde jou hartklop te kan voel en te weet dat jou binnekant juig of benoud is. Daardie stil tye is party keer wanneer jy weet jou maat ken jou deur en deur.
Elkeen van ons is anders. Ons reageer anders in situasies. So maak daardie spesiale mens in jou lewe spesiaal deur net jy te wees. Min goed tel in die lewe as om net “genuine” te wees