VRIENDSKAP

Ons almal ken vir Trompie en die Boksombende. Hulle uiterlike en innerlike het so verskil, maar tog was hulle vriende, een vir almal en almal en vir een.

Daar is baie wat gesê word oor vriendskap. Daar is baie beloftes wat gemaak word tussen vriende. Tog is daar is verskil tussen kennisse en vriende. ‘n Verskil wat geweldig groot is. Kennisse is die mense met wie jy net oppervlakkig gesels of kuier. Vriende is die mense met wie jy jou hart kan oop maak en hulle jou aanvaar nes jy is. Ek het ‘n paar weke terug ‘n oproep gehad van ‘n persoon. Ons het in jare nie met mekaar gesels nie, maar ons kon praat oor alles nes in die ou dae. Dit is een van die voordele van vriendskap. Daar hoef nie elke dag kontak te wees nie. Maar wanneer daar wel kontak is hoef jy nie voor te gee nie. Jy hoef nie te wonder oor hoekom daar ewe skielik nou weer kontak is nie.

Wanneer trauma jou tref, dan besef jy wie is regtig jou vriende. Wie gee regtig om. Wie deel dit letterlik en figuurlik met jou. Dit is die vriende wat nie net daar is om stories te versprei nie, maar om jou hand vas te hou waardeur jy ook al gaan.

Ek dink ‘n mens bêre so ‘n hegte vriendskap diep in jou binneste. Jy weet wie is “genuine”. Dus wanneer jy uit die bloute gekontak word is dit of al die drade net opgetel te word, jy hoef nie te verduidelik waar jy was al die maande nie. Elkeen van ons kort daardie spesiale vriendskappe in die lewe. Dit is my “safe haven”. Ek kan lag, ek kan baie praat, ek kan huil, ek kan hartseer wees, ek kan verspot wees, ek kan net stil sit en niks praat nie, ek kan my hart uit praat, sonder om te voel soos ‘n mislukking, ek kan my prestasies deel sonder om te voel of ek eintlik daaroor spog.

Ons elkeen kort daardie mense in ons lewens. En hulle is min gesaai in die lewe. Geniet daardie vriendskappe, hulle is kosbaar. Pas hulle op. Voed hulle. Wees ‘n vriend en nie ‘n kennis nie. Maak jou leuse oor vriendskap soos met Trompie en die Boksombende, Een vir almal en almal vir een.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s