Nog amper net 40 dae en Kersvader moet weer sy sakke kom aflaai vol bestellings.
Al die aardse bestellings, van klein na groot. Almal begin nou al in opwinding die lyste maak of om dit te begin uitvoer.
Ons raak al so besig met die aardse goed, dat ons vergeet van ons Koning, Wie se geboortedag amper hier is.
‘n Babatjie, gebore in ‘n stal. Om weer te sterf in my plek.
Met hoeveel dankbaarheid lewe ek? Sien ek al die dinge raak waaroor ek moet jubel en juig? Of kyk ek vas teen die sukkel bestaan van die lewe, teen verraad, teen haat, teen moord, teen ‘n liefdelose lewe, ek kan aanhou, daar is nog baie.
Al hoe ek deur die trauma van die lewensdae kan gaan, is om op my knieë te bly.
Om elke dag wakker te word met ‘n lied in my hart. Die mooi van die dag raak te sien en te weet HY is in beheer.
Dat niks wat deur die dag moeilik sal wees nie, want HY is daar om my hand vas te hou of om my te dra, wanneer my voete vassteek. Wanneer my geloof in myself verdwyn.
Om vanaand in die bed aan die slaap te raak met ‘n glimlag op my gesig, want ek het in die dag my fokus verplaas van negatief na positief. Met ‘n rustigheid om te weet HY was daar, al kan ek HOM nie sien nie. HY is deel van my lewe.
En geen aardse bestelling vir Kersvader kan by HOM kom nie!!
Aardse goed vergaan mettertyd, maar my KONING bly leef.