Wonderlike sonskyn dae na die reën van Bo. Orals waar jy stap lyk dit of alles lewe gekry het.
Gisteraand het ons ‘n krappie in die pad gekry ver van die rivier. Kan jy nog onthou wat die oumense vertel het daaroor. Water is op pad. Riviere vol.
Die naweek het ek ‘n spinnekop gekry wat besig was om sy web-huisie te bou. Dit was ‘n groot een. Hy het seker gemaak dat sy magie nie sal honger ly nie. As ‘n mens daar sit en kyk, kan ek my verwonder aan hoe hy dit spin. Baie langer ure se werk. Die goggatjies wat vas gevlieg het sit en spartel in sy web. Hy gaan net dood gewoon aan met bou.
So is dit in ons lewe ook. Sonder dat ons eers weet of besef bou ons ook ons web-huisie. Onwetend dat die ons gom waarmee ons dit doen aan ons maat of kinders of familie vasklou.
Wat ek eintlik sê is jou eie huisie is net soos die web-huisie. Die spinnekop sit gom aan dat sy ”kos” moet vas sit en op die ou einde moet opgee om gered te word dat hulle dood gaan.
Hoe bou jy jou huisie, met liefde. Met omgee. Gee jy die boodskap aan dat ‘n huisie gevul moet wees van liefde en vertroue en veiligheid. Dat almal welkom is wie ‘n plekkie soek. Vir elkeen wat gevul moet word met dankbaarheid of geluk of pyn. Daar is vir elkeen ‘n plek.
‘n Ander huisie is soos Hansie en Grietjie sin. So pragtig van buite. Jy kan jou oë nie daarvan af hou nie. Dit trek jou soos ‘n stokkielekker. Jy lek jou lippe af. Maar binne daardie huisie wag ‘n nagmerrie.
Weereens is dit jou keuse om jou huisie te bou dat almal moet weet hulle is welkom 24ure van die dag. Dat hulle nie moet wag op ‘n uitnodiging nie. Dat hulle kan veilig voel in hulle bedjie elke aand. Dat hulle weet hier waar ek nou is tussen die vier mure is my “Safe Haven”. Hier is die mense wat omgee en vir my lief is. Met wie ek alles kan deel.
Dus vat die spinnekop se web, span dit styf om jou. Dat jy die warmte kan voel, maar weet dat daar waar jy styf binne die web sit is jy veilig want jy is ‘n web van liefde, omgee, vrede en geluk. Geen nagmerrie kan jou daar vind nie.
Bou huisies van liefde, nie huisies van verwerping, verskrikking of geweld nie.