DIE LANG PAD

Vandag nooi ek jou uit om saam met my te kuier al waar ons gaan ry. Ek het ‘n piekniek mandjie gepak en die lang pad is ons sin. Waar die wiele ons ook al vat. Bosveld toe om tussen die groot vyf te kuier. Om ‘n warm fles koffie/tee of “ hot chocolate”  te drink. Ons te verkyk aan hoe statig hulle is.

Ons laat die Bosveld agter en ry al kuier met die lang pad na die Noord-Kaap.

Van bosse en gras groen bome tot hier waar daar net kaal vlaktes lê. Rooi sand wat kilometers ver strek. Jy ruik die droogte. Die kaalheid van die veld laat jou dink aan ‘n riller storie. Nie ‘n plek waar jy wil gevang word in die donkerte nie. Eensaamheid en koudheid loop daarmee saam.

Al verder op sekere tye van die jaar lyk dit soos lente. Een blom op ‘n ander blom. Weereens besef jy hoe magtig is God. Orals waar ons nou al gery het is Sy Hand daar. Van die gras groen Bosveld, verby die naakte aarde tot hier waar alles in die mooiste kleure is sonder enige mense hulp.

Al met die kus langs beleef jy die ou wrakke in die see langs die strande. As jy langs so ‘n wrak sit kan jy die gille en benoudheid hoor van die matrose hoe angsbevange hul jare gelede was. Want die dood was op hulle.

Ons mooiste baken, Tafelberg lê en wag vir jou met sy mistigheid om sy kop. As hy die dag pen en papier vat en sy storie skryf sal daar baie soorte wees. Hartseer, romanse, oorlog, verdeeldheid, slawerny, siektes en so kan die lys aangaan.

Al langs die kus op, is ons boomryke aarde so mooi. Knysna se olifante, die mooiste tuin roete.

Skulpies in Jeffreysbaai. Dan kom ons by Port Elizabeth. Ons land se stad wat saam met ander sukkel met water. Baie plekke het reën al geval. Baie plekke het in maande of jare nie ‘n druppel gesien nie.

Net soos ek ons aarde en sy plekke beskryf is dit in ons mense lewens ook. Ons leef in styl en oorvloed. Ons het die kragtigste voertuie. Ons “gym” dat ons spiere bult. Ander lewe fisies van broodkrummels. Elke aand gaan slaap hul met dalk iets in hul maag. Daar kan baie redes voor wees. Baie kan as gevolg van siekte nie self eet nie. Buis voeding is al wat oorbly. Dan kry jy die wat vry leef van die wêreld. Hulle is op hul branderplanke en ry elke golf soos hy hom kry. 

Teen die einde van ons lang pad het ons dalk ‘n bietjie geleer van die lewe en ons self. Dat alles nie net maanskyn en rose orals is nie. Party plekke het deursettingsvermoë gevat om daardie deel te stap. Ander het die mooiste bekoring ingehou. Ander plekke het ‘n mens aan die dink gesit. Ander plekke het jou siel vasgehou.

Dankie dat jy saam met my die lang pad gery het.  Watter pad jy ry, maak die beste van hom.

Die Here gee uitkoms, as jy grond pad ry.  Hy gee seëninge wanneer jy dit nie verwag nie.  Hy laat drome waarheid word.  Hy bring genesing aan siekte en brose harte. Hy maak jou toe met Sy Hande vir hitte en beskerming. Persoonlik dink ek dit is een van die lekkerste paaie  om saam met Hom te stap elke dag van jou lewe.

3 thoughts on “DIE LANG PAD

  1. Pragtig beskryf, lekker saamgereis. Al het ek nie die rooi sand van die Noord-Kaap self beleef het nie. Sedert ons in Desember 2020 vir ‘n kort tydjie hierheen getrek het, het dit so baie gereën, dat die veld die ene lang gras is. Beeste staan bykans versteek in die gras waar ek op reisjoernale lees dat hulle in die woestyn was. Ek kla nie, dit is ‘n ander mooi en beslis teken van God se genade. En dit is ook koeler as wat somers blykbaar hier regtig kan word.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s