Plantjies

Die natuur is ‘n wonderlike ding. Dit seën jou elke dag met ‘n nuwe gesig. Dit kleur ons lewens in. As jy gaan stil staan elke dag by ‘n plant kan jy letterlik sien hoe dit groei. Van die groenerigheid as dit deur die grond breek, tot waar dit ‘n volwaardige plant is. Dan in afwagting wag jy dat die blom moet oopgaan.

Dink die boere voel ook so oor hul gesaaides. Om daardie pit in grond te sit. Dit water te gee en te sien hoe die bruin grond groen lewe kry en dit al hoër en hoër groei. Dit maak ‘n mens se harte en lewens vol vreugde en geluk.

Harde werk bring soveel terug. Wat jy in ploeg is wat jy uit kry. So gaan dit in ‘n mens se lewe ook. Dit wat jy in ‘n verhouding sit  is wat jy uit kry.

Al die vreugde en vrede wat dit jou gee elke dag kan geld nie koop nie. Dit is soos ‘n rank plant. Arms vol liefde. Dit word net meer.

Maak nie saak waar en wat jy doen of is in die lewe nie. As jy alles met liefde doen kry jy dit dubbel terug. Moenie een dag huiwer om jou liefde te gee nie. Moenie iets terug verwag nie.

Wees soos ‘n boer. Gee dit water en wag dat dit vanself ontkiem. Liefde is geduldig. Tyd maak dit mooi.

Gebruik vandag om daardie plantjie van liefde te saai aan almal om jou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s