Son

Die dag sluip so stilletjies weg.

Die son is besig om sy laaste strale oor die aarde te gooi. Sy tyd om te skyn is nou eers verby.

Hy het genoeg ure vir ons mensdom gegee om hul take te vermag vir die dag.

Partykeer is dit nie genoeg nie. Jy bid letterlik nog vir een uur langer dag lig. Want as jy nou moet oppak omdat die son jou vertel dit is tyd is dit more nog steeds op jou “to-do-list”.

My hoendertjies is my horlosie. Hulle wys vir my mooi, genoeg was nou genoeg. Slaap tyd is oor ‘n paar ure. Ek weet met winter is daar newe-effekte van die daglig. Mense wat aan depressie lei moet fisies meer sonskyn kry. Omdat dit so laat lig word en so vinnig donker word kom daar nie genoeg sonskyn by hul uit nie. As jy nie in jou middagete iewers ‘n stukkie son gaan soek nie sink jy tussen die mure in.

Sonder die son is dit soos om in ‘n tronksel te sit en te wag vir jou laaste sekonde onder die guillotine.  Son bring nuwe lewe vir natuur en mens. Dit gee daardie energie wat ‘n mens kort vir inspirasie. Dit gee jou hoop.

Net soos die son sy strale orals gooi, kan jy jou energie ook deur gee na ander. Moenie dat wolke jou energie blok nie.

Wees warm soos die son. Dit maak mense gelukkig. Dit maak hulle glimlag.

Net soos die son weet ek dat daar mense is wat wens jy is ‘n bietjie langer saam met hulle. Dat hulle net nog ‘n uur saam met jou kan spandeer.

Die son is ons more en jy is my lewe.

TALENTE

Ons is omring met juwele. Aardse juwele. Berge wat al vir eeu oue jare daar staan. Bome wat aangeplant word of wat daar is om koelte gee.

Die grasse in die veld en heel voor is ons mense hand se plante in die grond.

As ek dink hoeveel vat dit van ‘n mens om ‘n plantjie te koop. Hom te vertroetel. Water te gee en dan besluit hy jy het hom dalk versuip met te veel liefde en aandag of hy het ‘n siekte gekry en gaan dood. Dan is hy net nie meer daar nie

Ons Vader het alles gemaak. Sy Hand was goed want waar Hy geraak het was alles reg. Die groen lande. Die blou see. Elke rivier het sy plek gehad waar hy moes wees. Elke plant en dier was daar en dit het nie dood gegaan soos in ons geval nie.

So het Hy vir elkeen van ons talente gegee. Dalk het jy nog nie joune ontdek nie want jy soek dit in mense om jou. So bly joune verskuil. Hy het met Sy Hande jou gevorm en geweef na Sy uniekheid.

Hy het jou aangeraak so word groot soos ‘n boom of blom soos net veldblomme kan daar waar jy is, waar jy werk en waar jy jou stempel kan nalaat vir mense.

Die aarde wys ons dat ons op ons eie kan aan gaan. Dit lê in elkeen van ons. Ons deursettingsvermoë en ons geloof in onsself.

Vat daardie talent van jou. Ja. Ek weet jy wonder dalk nogsteeds gaan jy genoeg wees om te doen wat jy waar geskape is. Elke mens het daardie goed binne hom. Jy moet dit net vind.

Vergeet van mense wat jou plat trap, as jy regtig reg op sit na so n plat trap en mooi dink sal jy weet dat hulle ook nog op soek is na hul talent.

Hulle bou ook hulle sin nog op iemand anders.

Doen jou ding.

As jy wonder soek jou antwoord in die natuur.

Kyk hoe groei ‘n veldblom van niks en hoe blom hy op sy eie.

Kry jou talent en geniet dit.

BUITELEWE

Buite loop ‘n mamma hen met haar splinternuwe kleinspan. Sy is so beskermend. Sy is so trots op daar die klein geel bondeltjies. Hulle moet skuil onder haar warm lyfie want die reën stort neer uit die Hemel. Mamma sit deur wind en weer en trotseer dit alles net om haar kroos veilig te hou.

Plante is oorgeplant en met ‘n hart vol vertroue, weet ek dit is die regte medisyne vir hulle. “Pula” uit die hemel gee hulle woema. My tuintjie is uitgelê, hule moet nou net hul kant bring.

Die houtkappers is besig buite. Sy klop, teen die boom kan jy ver hoor. Sy snaweltjie hou net aan en aan. Die mooiste geluid. Kap-Kap/ Tok-Tok.

Wat meer kan ‘n mens voor vra. In my kantoor se deur staan Mnr Hoenderhaan en roep om te sê ons is honger. Asseblief kom gee ons kos. Wanneer ek vir hulle kos gee, kom al die geel vinkies ook hulle stukkie soek. Almal wat vlieg en vlerke het deel met mekaar. Groot en klein.

Die wolke word al donkerder. Op party plekke val dit lekker. Weereens besef ek dat hoeveel mens en dier en voëls afhanklik is van water. In die voëlbak kom die bye en maak hulle magies vol. Die voëltjies kom drink ook water, maar dit is ‘n groot bad dag vir hulle as hulle al die stof van hulle lyfies af was.

Ek skryf vandag oor die buitelewe. Ek is bevoorreg om dit te sien elke dag.

Daar is so baie persone wat opstaan in die oggend en nie eers ‘n bytjie of voëltjie gewaar nie. Hulle wêreld bestaan uit koue geboue. Hulle huise het nie eers ‘n behoorlike tuin nie.

Dan klop my hart warm want vir my is dit WOW. Om elke dag deel van dit te wees maak my dae spesiaal. Dit vat partykeer die seer van my binnekant weg. Om gefokus te wees op die mooi, maak die sleg dag dof.

So, wat wil ek sê, wanneer die wêreld jou druk, soek na die klein dingetjies in die lewe. Gaan raak stil in ‘n mooi park as jy nie ‘n tuin het nie. Sit jou selfoon af vir daardie tydjie en neem net alles in.

Elkeen van ons skuld onsself so ‘n stilte tyd iewers in jou dag of week.

Om weer die aarde te beleef en te ruik. Beleef die buitelewe.

REëN


Die laaste tyd val daar op party plekke in ons land baie reën of hael.  En op party plekke in ons land kort daar nog baie seëninge van Bo om die droogte te breek.

So is dit in ‘n mense se lewe ook.  Daar is tye wanneer trane uit jou oë uitloop sonder keer,  of daar net ‘n kraan oop gedraai is en daar geen stop is nie.  Wanneer die lewe jou plat geslaan het,  en al uiting wat jou liggaam kan gee is deur trane.  Dit loop en loop,  daar is geen medikasie wat dit kan stop nie. Trane kan geruisloos loop, sonder enige geluid.  Ander kere kom trane soos genesing,  dit kom van dankbaarheid,  dit kom van geluk,  dit kom van liefde,  dit kom van lekker lag.  Dink dit is een ding van ons liggaam wat presies vir ander kan wys hoe jy voel oor dinge wat met jou gebeur. 

So verskil ons elkeen van mekaar,  ons emosies word op verskillende maniere na die wêreld deurgegee. Nes die storms wat daar buite woed en verwoesting saai gebeur dit in ons lewens ook. Natuur het ‘n mooi manier om vir ons te help om daar deur te leer en dit te verwerk.  Ons is partykeer net te besig om dit raak te sien.  Kyk volgende dieper na jou geliefdes se emosies as jy agterkom die trane loop.  Woorde is partykeer onvanpas.  Net aanraking is dan genoeg. 

Wanneer die wolke begin bou, en donker en donker word,   hou ons ons asems op,  want ons weet nie wat om te verwag nie.  Net sagte reën,  of ‘n verskriklike storm.  Wanneer hael saam met die reën kom is die verwoesting erg. ‘n Mens kan die pad van verwoesting sien,  al die blare wat afgeslaan is van die bome,  al die gewasse op die lande wat plat teen die aarde lê.   Ander kere wanneer dit net saggies uit die Hemel val, is dit soos musiek in ons ore.  Jy ruik die reën,  dit was alles skoon,  en  dis of ‘n mens kan sien hoe alles groei,  As jy jou oë toe maak,  kan jy dit hoor.

Is dit nie waar dat wanneer jy regtig mooi na jou hond of kat kyk,  kan jy hulle trane ook gewaar as daar is.  Dink hulle huil sonder dat ons werklik agterkom hulle harte is seer of hulle het pyn.  Net die merkies is daar langs hulle neusies. 

Onthou,  daar is trane van storms  en daar is trane van mooi. Hanteer elke op sy eie manier!

NATUUR SE LEWENSLESSE

Het jy al gesit en vinkies dopgehou? Hier voor my venster waar ek sit en werk, is hulle baie besig met hulle voëltjie-lewe. Die mannetjie kom pluk die blare vir hulle nessie… maar as vroutjie nie tevrede is nie, dan moet die huisie weer van voor gebou word. Met soveel geduld pluk hy weer ‘n blaartjie, vlieg hy weg en kom weer terug. Pluk hy weer ‘n blaartjie, en kom bou weer aan sy nessie. Net om sy vroutjie tevrede te stel.

Hoeveel van ons is so, om met soveel passie aan te hou en aan te hou, om ons maat tevrede te stel? Wat beteken dit om te weet as ek aanhou probeer is die eind resultaat so GREAT… of is dit makliker om op te gee, of die skuld voor iemand anders se deur te lê. As jy om jou kyk is die natuur so ‘n leerskool vir elkeen van ons wat dink dis alles dié moeite werd.

Met moeite word die nessie gebou, eiertjies gelê, net dat die wind en weer die nessie uit die boom kan laat val, of die eiertjies word opgevreet en die hele proses word weer van voor af begin. Hulle hou aan en uit en saam met dit hoor jy hoe vrolik is hulle getjirp. Dan kan ek net my kop in skaamte laat sak, want my getjirp wil nie elke dag tot volle potensiaal kom nie. Té maklik gee ek in.

Dankie vir die natuur daar buite wat ‘n mens die ander kant van die lewe wys.

Dankie Here, vir die wonderlike tekens wat U geskep het om ons altyd twee keer te laat dink.