VRIENDSKAP

Ons almal ken vir Trompie en die Boksombende. Hulle uiterlike en innerlike het so verskil, maar tog was hulle vriende, een vir almal en almal en vir een.

Daar is baie wat gesê word oor vriendskap. Daar is baie beloftes wat gemaak word tussen vriende. Tog is daar is verskil tussen kennisse en vriende. ‘n Verskil wat geweldig groot is. Kennisse is die mense met wie jy net oppervlakkig gesels of kuier. Vriende is die mense met wie jy jou hart kan oop maak en hulle jou aanvaar nes jy is. Ek het ‘n paar weke terug ‘n oproep gehad van ‘n persoon. Ons het in jare nie met mekaar gesels nie, maar ons kon praat oor alles nes in die ou dae. Dit is een van die voordele van vriendskap. Daar hoef nie elke dag kontak te wees nie. Maar wanneer daar wel kontak is hoef jy nie voor te gee nie. Jy hoef nie te wonder oor hoekom daar ewe skielik nou weer kontak is nie.

Wanneer trauma jou tref, dan besef jy wie is regtig jou vriende. Wie gee regtig om. Wie deel dit letterlik en figuurlik met jou. Dit is die vriende wat nie net daar is om stories te versprei nie, maar om jou hand vas te hou waardeur jy ook al gaan.

Ek dink ‘n mens bêre so ‘n hegte vriendskap diep in jou binneste. Jy weet wie is “genuine”. Dus wanneer jy uit die bloute gekontak word is dit of al die drade net opgetel te word, jy hoef nie te verduidelik waar jy was al die maande nie. Elkeen van ons kort daardie spesiale vriendskappe in die lewe. Dit is my “safe haven”. Ek kan lag, ek kan baie praat, ek kan huil, ek kan hartseer wees, ek kan verspot wees, ek kan net stil sit en niks praat nie, ek kan my hart uit praat, sonder om te voel soos ‘n mislukking, ek kan my prestasies deel sonder om te voel of ek eintlik daaroor spog.

Ons elkeen kort daardie mense in ons lewens. En hulle is min gesaai in die lewe. Geniet daardie vriendskappe, hulle is kosbaar. Pas hulle op. Voed hulle. Wees ‘n vriend en nie ‘n kennis nie. Maak jou leuse oor vriendskap soos met Trompie en die Boksombende, Een vir almal en almal vir een.

HARTE

Wanneer laas het jy na jou hart laat kyk,  gegaan vir ‘n dr’s ondersoek.  Of neem jy net aan hy klop maar reg.  Dit is hoe die ritme moet wees.  Wat sal daar nou verkeerd met hom wees?

Wanneer laas het jy jou eie hart ondersoek? Is daar vrede of vreugde en tonne liefde?   Of het haat en woede nes gemaak het in hom.  Dit kan jy weet as jy jou oë oop maak in die oggend.  Wat gaan deur jou as jy wakker word.  Is daar ‘n “smile” op jou gesig of is daar net fronse tussen jou oë.  Dan moet jy weet dat iewers binne jou,  daar waar daardie warm hart is,  dit is waar die borrels alles na buite stroom.

Van jou hart word jou are volgepomp,  met al die positiewe energie wat daar is,  of jou bloed word donker van die koudheid waar jou hart hom in bevind.  Dit is hoe mense jou ook beleef.

Is jy vol sprankel,  is jy vol lewenslus,  blink jou oë,  is daar glimlagte op jou gesig.  Jou huppel in jou stap,  jou kleredrag is dit helder en vol kleur.  Jou persoonlikheid is borrelend,  mense weet jy is ‘n bondel vreugde!  Dit is hoe jy praat met mense,  jou inspirasie vir hulle. 

Of lyk jy sommer donker as jy na mense kyk,  en jaag daardie koudheid wat jy uitstraal mense weg.

Dit is in jou stap,  dit is hoe jy na mense kyk,  dit is in jou oë,  jy lyk soos die dood.  Ongelukkig gaan jy nie mense met ‘n “smile” groet nie.  Hulle gaan jou grensloos irriteer.  Jy gaan wens die son het nie opgekom nie.  Dat jy net in jou bed kan bly.  Niemand sal weet wat die donkerte veroorsaak het in jou lewe nie. 

Almal wat vrolik is,  gaan ‘n pyn wees.  Jy gaan praat oor die mense wat vol skyn is.  Wat voorgee wat hulle nie is.

Maar my liewe vriend/in,   ons elkeen kort daardie spesiale mens of mense in ons lewe.  Die wat jou lewe so verryk dat jou hart oorloop van geluk.  As ek my oë toe maak kan ek elkeen se gesiggie sien wat my lewe verryk.  Ek kan hom/ haar hoor,  ek kan hom/haar sien.  Dit maak my lewe so vol.

Ek kan die goeie tye onthou.  Dit is of dit soos gister was,  hoe lekker is dit om te lag en te gesels,  om net laf of verspot te wees.  Om hand en hand ver ente te gaan stap,  met net die stilte om julle.

Het jy al geluister na die song… Laaste asem,  deur die groep HULLE.   Dit is so ‘n mooi song,  dit laat ‘n mens net weer besef,  ons tyd op aarde is so kort.  Hoekom moet ons aan gaan en nie ‘n kans waag as jy die geleentheid kry,   om met alles te gaan vir liefde nie.  Of vir geluk,  of vir n nuwe loopbaan.  Of om swanger te raak nie. 

Hoekom moet ons stagneer in ons lewe,  in elke dag te roetine,  dieselfde tyd op te staan elke oggend,  dieselfde roete te ry werk toe,  weet jy hoeveel mis jy.  Jy sien nie meer die mooi om jou raak nie.  Want jy is so vasgevang in dieselfde pad,  dieselfde “robot” ,  dieselfde gesigte in die hysbak.

Jy vergeet om te leef.  Jy vergeet van die mooi om jou,  jy vergeet van die mooi binne jou,  nee jy straal net koudheid uit.

So gaan ondersoek jou hart vanaand in die stilte van jou binne kamer,  Gaan luister na wat ons Vader vir jou wil sê.  Maak jou oop om die mooi te ontvang wat mense vir jou wil gee.  Moenie dit terug gooi in hulle gesigte nie.

Moenie vergeet om vir jouself lief te wees nie,  onthou jy is uniek geskape,  en daar is mense wat vrek oor jou…want daars net een jy!

Want om gelukkig te wees,  dit skuld jy jouself…….VAT DIT WAT DIE LEWE JOU WIL GEE,  EN MAAK DIE MOOISTE VAN DIT…MOENIE WAG NIE,  VAT ALLES EN MAAK DIT JOUNE.  LEWE VIR ‘N SLAG!

MAAK JOU OOP VIR GELUK.

HUMOR TUSSEN VRIENDE

As ek jou soms kan laat huil en dikwels kan laat lag, as ek jou met ‘n stukkie humor kan laat vergeet van mense se skerp en bitter woorde, as ek ‘n vuur in jou kan laat brand na die koue van ‘n kleurlose dag, is dit genoeg vir my.

Leer om te sien wie ‘n glimlag of ‘n gawe woord nodig het en gee dit! Leer om saam met jou vriende die humor in die lewe raak te sien en te lag. Dit maak die lewe makliker, laat jou ontspan en maak die vriendskap iets besonders!

Humor is die beste, die een eienskap wat ons red. Die oomblik wat dit na vore kom, maak ons irritasies en fyngevoeligheid plek vir ‘n glimlag.

Lag help juis om die spanning van die lewe te ontlont en om troebel verhoudings te verhelder. Die mens wat oor sy eie frustasies en swakhede kan glimlag, reageer nie net volwasse daarop nie, maar berei ook die pad voor vir die oorwinning daaroor.

Goeie humor help vir ‘n gesonde liggaam en gees. Dit is die beste teenmiddel vir spanning en depressie. Dit trek vriende aan en verlig probleme. Verder is dit die beste roete tot nederigheid en tevredenheid.

Luister gerus na mekaar se lag, julle harte sal oorvloedige blydskap ken.

Dis die beste: om saam met iemand anders te lag omdat julle dieselfde dinge snaak vind. Ons kan nie iemand waarlik lief hê tensy ons nie saam met hulle kan lag nie.