Sonsopkoms, dit is ‘n splinternuwe dag wat besig is om te breek oor die horison. ‘n Hele volle 24 ure wat joune is om te maak met dit net wat jy wil. Elke sonsopkoms lyk anders as gister sin. Dit beteken dus ook dat elke dag anders gaan wees as gister.
Het jy dalk gisteraand voor jy gaan slaap jou klere al vir more uitgehaal. Dalk het jy gedink dit gaan ‘n beeldskone mooie dag wees en dan wanneer jy wakker word, is dit ‘n vaal mistroostige dag wat buite op jou wag en jou klerekas moet weer oop gemaak word.
Vandag by ons dink ek is hier meer as opgewondenheid in die lug. ‘n Uitdagende dag vir party.‘n Droom vir ander en vir my is dit ‘n dag wat ek weereens besef hoe “great” dit is dat ons van mekaar verskil.
Ek het soveel respek vir elkeen wat vandag hier deur die hek twee keer ry. Hulle gaan skryf hulle in vir die RECCE RACE 2021, mans en vrouens, as hulle terug kom sien jy hoe die spanning en opgewondenheid deur hulle are bruis. Hulle lyk so anders. Amper soos ‘n bruidegom op sy troudag as die bruid laat is, en sy gedagtes begin te loop.
Hier is baie groepe inskrywings, van Mountain Bikers wat 420km, oor al hierdie mooi berge en dale van Mpumalanga, binne 56 uur moet voltooi. “Runners” wat van 160km tot 100km hardloop ook oor al hierdie mooi dele van ons. Almal eindig by Dullstroom.
Wat my die meeste beïndruk is dat dit almal se eerste keer is. Almal weet daar wag ‘n groot-groot uitdaging vir hulle. Van hulle is stok siel alleen, sonder enige ondersteuning. Hulle is so vol adrenalien.
So is dit met ons ook, almal staan op met hierdie gedagtes in hulle kop van hierdie dag gaan ek dit en dit vermag. My dagboek is vol geskryf met afsprake. Jy kan jou dag al gister beplan het, of twee weke terug. As God se plan anders is as joune, gaan jou dagboek weer oor beplan moet word.
Niemand is in Sy Skoene nie, net Hy en Hy alleen weet hoe jou dag gaan uitdraai. Baie gaan voel hulle het meer as hul doelwitte bereik, ander gaan in sak en as terug gaan huis toe en hulle dag op ander uit haal of oorgee aan die onheil.
Vir baie is dit dalk hulle laaste sonsopkoms wat hulle het, vir ander is dit hul daaglikse stukkie brood waarmee hul die dag begin. Om na die skepping te kyk wat jare gelede geskep is om dag en nag te skei. Hulle voedsel vir die gees. Vir ander beteken dit hulle nagrus het so pas begin veral na ‘n harde nagskof.
Wanneer jy my stuk lees sit die son al ver bo kant jou kop. Stel jou wekker more oggend. Maak vir jou koffie. Gaan soek ‘n plekkie buite waar jy die sonsopkoms kan beleef. Kyk na hoe die lug begin kleur kry. Die natuur om jou begin ontwaak. Wanneer laas het jy met rustigheid die dag ingegaan.
Mag more oggend met die sonsopkoms ons weer laat besef dat ons het so baie om voor dankie te sê.
Dat ons oë alles kan waarneem. Dat ons ore die natuur kan hoor, en dat ons met ons mond alles kan oorvertel. Dit is naweek. Wat ook al in hierdie week gebeur het, dit is verby, geniet hierdie laaste ure van die dag.
Onthou jou wekker, jou koffie en die sonsopkoms more oggend. Kry kos vir jou siel.
Die Recce Race se “crew” het weer terug gekom. So al die manne en vroue is op hulle fietse om hierdie groot doelwit van hulle in 56ure te maak.
Jy het 24ure, gryp dit aan, jy het twee sonsopkomste om jou binnekant te verryk.
Geniet elke straal wat op die horison verskyn en maak daardie straal deel van jou dag dat jy ander ook kan warm maak van binne.
Liefde
Ek