ALLEEN

Daar is baie boeke op die rakke, in die winkels, in jou ouerhuis, in jou eie of vriende se huise oor elke “topic in the world”.

Jy kan lees en lees, oor en oor, maar die raad wat daarin staan of die kuur ooit werk, kan ‘n mens net weet as jy dit probeur.

Of dit boeke is en of dit berading is deur ‘n professionele mens, hang dit als af van hoe jy dit hanteer. Partykeer is dit eers na baie jare wat antwoorde kom. Intussen moet jy sterk staan teen al die aanslae van die lewe.

Sonder ons Vader om die pad saam met jou te loop, sal elke treë in donkerte wees. Geen sonstraaltjie sal deur die donkerte kom nie. Dink terug aan Sy dae… toe Hy toegesluit was en Hy Sy kruis moes optel en dit homself dra. By mense verby wat Hom uitgekryt het. Hoe alleen was HY… niemand wat bereid was om Hom te ondersteun of te help nie. Maak jou oë toe, wat hoor jy? Hier by my, is dit die voëltjies getjirp, die beeste en kalwers wat roep, dan besef ‘n mens net weer…alles lewe.

Elkeen het ‘n hartklop wat klop. Elkeen is spesiaal gemaak. Al voel dit of die hele mensdom teen jou gekant is, onthou net, die Here is baie meer as die mensdom. Daar is mense na aan my, wat so alleen voel op die oomblik. Elkeen van hulle gaan deur hulle eie seer, elkeen sin verskil van die ander, daardie soort wat jy in geen boek raad kry nie. Want niks wat jy lees maak nou sin nie.

Ek druk julle teen my hart vas.

Daar is tye wat jy een oggend net gaan opstaan en al die mis en donkerte het verdwyn. En jy kan vêr sien soos op ‘n oop dag by die see – dit is of die horizon net aanhou en aanhou.

MAAR tot dan is daar baie emosies om deur te werk…

Leave a comment